Mark Shuttleworth

Mark Shuttleworth
Gebore
Mark Richard Shuttleworth

18 September 1973
NasionaliteitVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Beroepentrepreneur
Webwerfwww.markshuttleworth.com

Mark Shuttleworth (gebore 18 September 1973 in Welkom) is 'n Brits-Suid-Afrikaanse (weens dubbele burgerskap)[1] entrepreneur wat hom in 2001 in Londen,[2] en vanaf 2008 op die Man-belastinghawe gevestig het.[3] Na bewering was hy in 2015 die sesde rykste inwoner van Man, met 'n vermoë van £160 miljoen.[4] Hy staan veral bekend vir die groot wins wat hy in 1999 op 26-jarige ouderdom uit Thawte, 'n internet-handelsveiligheid-firma gemaak het.[2] In 2002 was hy ook 'n vroeë ruimtetoeris, en gevolglik die eerste burger van 'n Afrika-land in die ruimte. Shuttleworth het in 2009 aangedring om R1.5 miljard sonder 'n 10% oordragheffing uit Suid-Afrika te neem, wat vanaf 2013 uitgeloop het op sy reeks regsgedinge teen die SA-owerhede. In 2015 het die Konstitusionele Hof egter teen hom beslis.[3][5]

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named tech
  2. 2,0 2,1 Success, Issue 12[dooie skakel], Legacy Hotels, Legacy Inspires, 2017
  3. 3,0 3,1 Mark Shuttleworth loses court bid Geargiveer 3 Oktober 2018 op Wayback Machine, Destiny reporter, Destiny, 18 Junie 2015
  4. Island's richest revealed, Joanne Clague, Isle of Man News, 24 April 2015
  5. Shuttleworth loses R250m exchange control battle[dooie skakel], fin24, 18 Junie 2015

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy